brumm – brumm, off we go

hello daar mense

ok, we promised one newsletter in english,
then one in afrikaans
so
if you don’t understand, phone a friend

hier gaan dit nog al te lekker, dis veronderstel om somer te wees maar die winter willie weg nie
warm – koud – sousend – en dan weer sonskyn
hier’s ‘n sêding in Melbourne:
“If you don’t like the weather, wait 10 minutes!”

en nou vir grooot nuus -ons het ‘n tjor gekoop – ‘n regte grootmens kar!

dis ‘n Suzuki Ignis, silver and sooo cute, lyk soos ‘n 4×4 wat in die tuimeldroer was

ons het gevat vir ‘n spin om te celebrate
die speed limit hier is op die meeste 100km/h,
enigiets tussen 60-90 op die freeway
en ooo, dis so maklik om te laat waai met die karretjie
ek het nog so lekker gevlieg, toe sien ek
ek bevind my in ‘n 60 zone – rem vinnig
en daar ry oom speedcop verby met die evil eye

die stad was amazing, strate vol mense
lekker atmosfeer, duisende activities,
performance arts, poets, solo sangers
en soveel bars, lounges, clubs
of somer net bistro’s en deli’s
waar jy kan sit en drink of eet
(hulle is regtig hectic oor hul koek en pastries,
die een wil lekkerder en meer eksoties wees as die ander!)
weet nie hoe mens ooit gaan weet wat aangaan nie
dis net te VEEL en te GROOOOT!

het vandag heerlik rondrinkink met ons silver wiele
na die Yarra Valey se wynplase, dis net 20km van die huis af,
yummie…hul wynstyl is nogal anders as waaraan ons gewoond is
die goedkoopste bottel wit is $17= R85
en rooi  $22 = R110!
so ons het maar net oe toegeknyp en
4 van die waarvoor ons regtig nie kon nee se nie, gekoop
en ons het ook ‘n draai gemaak by Domaine Chandon, bubbly hemel!
moes een daarvan ook kry allowel ek nie mooi weet wanneer ons dit oor ons harte gaan kry om die gesogde, duur vloeistof ooit actually te drink nie
ag, seker eendag as ons ryk voel
of wanneer iemand kom kuier (skimp-skimp)

cherio, R & W